


HOE MAAK EK DIE REGTE KEUSE?
Hier is ‘n gids om jou te help:
- Bepaal wat vir jou belangrik is
Dink aan jou waardes en behoeftes:
• Werksure: Is dit halfdag of voldag?
• Afstand geleë van jou huis of werk?
• Taal van onderrig (Afrikaans, Engels of beide)?
• Geloofsoortuiging (indien van belang)?
- Kwalifikasies en ervaring van personeel
• Het die onderwysers toepaslike kwalifikasies in vroeë kinderontwikkeling?
• Hoeveel ondervinding het hulle?
• Hoe is die verhouding tussen onderwyser en kind? (Kleiner groepe is gewoonlik beter.)
- Veiligheid en netheid
• Is die perseel veilig, skoon en goed onderhou?
• Is daar sekuriteit by die hek of kamera toegang?
• Wat is die protokol vir noodgevalle?
- Leerprogram en speelaktiwiteite
• Is daar ‘n gestruktureerde program wat leer deur speel aanmoedig?
• Word areas soos kreatiwiteit, sosiale vaardighede, taal- en liggaamlike ontwikkeling aangespreek?
• Hoe lyk ‘n tipiese dag?
- Sosiale en emosionele ontwikkeling
• Hoe word kinders gehelp met sosiale vaardighede en emosionele regulering?
• Hoe word dissipline en konflik hanteer?
- Kommunikasie met ouers
• Word jy gereeld ingelig oor jou kind se vordering?
• Is daar ouervergaderings of ope dae?
• Is dit maklik om met die personeel te kommunikeer?
- Reputasie en verwysings
• Vra ander ouers oor hulle ervaring.
• Lees aanlyn resensies.
• Gaan besoek die kleuterskool self – dit gee jou ’n gevoel van die atmosfeer. Dit sal jou ook help om ‘n ingeligte besluit te neem.





